299:-
Uppskattad leveranstid 7-12 arbetsdagar
Fri frakt för medlemmar vid köp för minst 249:-
As n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy eendag n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van Arende of as Boet van die gewilde Castrol-advertensies. Ian se loopbaan strek van Langstraat in Kaapstad tot Los Angeles en van Shakespeare-produksies in die teater tot die Oscar-wenner Tsotsi. In sy outobiografie verklap hierdie briljante storieverteller met n stoute sin vir humour meer oor wat alles agter die skerms op televisie- en rolprentstelle gebeur. Hy beskryf ook die hoogbloei van Afrikaanse televisie- en rolprentvervaardiging toe hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk het. Sy lewensverhaal is n meesterklas in die kuns van toneelspel. So outentiek, vreesloos en onkonvensioneel soos wat talle van sy karakters was, s is Ian ook in die regte lewe. Hy trap sy eie paadjie en was nog nooit n tropbok nie. Hy deel sy lewensverhaal met soveel humor, patos en insig dat dit nie anders kan as om die leser te ontroer nie.
- Format: Pocket/Paperback
- ISBN: 9781776193561
- Språk: Afrikaans
- Antal sidor: 240
- Utgivningsdatum: 2024-09-18
- Förlag: Jonathan Ball Publishers SA