Uppskattad leveranstid 7-12 arbetsdagar
Fri frakt för medlemmar vid köp för minst 249:-
>Alhoewel haar niggie Lida en oupa haar afraai om te gaan, beplan sy om nadat sy mondig geword het, die roete te gaan stap en die plek te besoek. Sy beplan alles haarfyn en bespreek haar staptog onder 'n vals naam. Die noodlot slaan toe. Op die derde dag van haar staptog, val sy wanneer sy saam met die ander stappers die redelike vol rivier oorsteek. In die ongeluk beseer sy haar rug en haar kop.
Dokter Zeus von Heinitz is die chirurg wat haar by ongevalle inwag en dadelik op haar opereer. Hy is ook die man wat haar meedeel dat sy aan geheueverlies lei en verlam is.
Dit laat Elyna sonder verlede, sonder heenkome en verlam ... Zeus von Heinitz raak op haar verlief, neem haar na sy huis en versorg haar.
>Marsofine Krynauw skep 'n narratief wat diep introspektief is, wat die innerlike werking van haar karakters met 'n poëtiese aanslag ondersoek. Haar skryfwerk is evokatief, en weef ingewikkelde emosies met 'n bestendige opbou van spanning. Die dialoog is outentiek, en die beskrywings dompel die leser in 'n wêreld waar elke detail betekenis het. Die verhaal vertel van die rou emosie, wat die verhaal so diep roerend maak.
- Format: Pocket/Paperback
- ISBN: 9781991455314
- Språk: Afrikaans
- Antal sidor: 290
- Utgivningsdatum: 2024-10-16
- Förlag: Malherbe Uitgewers